icon__search

SAAD & SUURDEEG

Matteus 13:31

Saad van gehoorsaamheid

June 25, 2023 • GD Prinsloo

Gehoorsaamheid is God se liefdestaal. Die saad van gehoorsaamheid aan God se woord dra altyd vrug. Ons het in al ons besluite, denke en optrede ‘n keuse om God se manier of die wêreld se manier te volg. Beide sal vrug dra, die wêreld se manier lei na dood, God se manier lei na lewe in oorvloed. Jesus defineer liefde in Johannes 14 en 15 as gehoorsaamheid aan sy opdragte, dus liefde in aksie. Dit impliseer dat elkeen van ons gedurig ons manier van doen onderwerp aan God se manier. My waardes en kompas in die lewe word dus bepaal deur net een bron, Jesus se afgehandelde werk en opdragte. My en jou gehoorsaamheid aan Jesus se opdragte sal bewys of ons Hom rerig liefhet.

Die noodsaaklikheid van storms vir die groei van Woord-saad

June 18, 2023 • Ben Coetzee

Almal beleef storms in die lewe. God gee ons die oorwinning en lei ons deur moeilike tye. Alle storms kom nie van God af nie. Maar alle storms kan saam met Hom oorwin word.

Sonde

June 11, 2023 • Rassie Fourie

Sonde kan soos suurdeeg wees. Die oor -en onderbeklemtoning van sonde in ons lewe veroorsaak wanbalans in ons verhouding met God. Jesus het gekom om ons uit n sondige toestand te red!

Ek Johannes

June 3, 2023 • JC Le Roux

Tydens ons Saad en Suurdeeg reeks het ons na verskeie aspekte gekyk. Ek wil graag kyk na die saad van geloof en hoe dit soos suurdeeg deur my en jou lewens moet werk. Johannes en sy lewe wil ek as voorbeeld gebruik. Johannes sê in 1 Johannes 5:4 “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.” Geloof in Jesus oorwin die wêreld. Openbaring 1:9 sê Johannes n paar belangrike geloofswandel woorde en ons gaan daarna kyk. Hy sê eerstens hy is n broer en deelgenoot, in die verdrukking, in die koninkryk en met lydsaamheid. Op Patmos! Waarom? Ter wille van die Woord en die getuienis van Jesus Christus.

Wat steel jou vrymoedigheid?

May 28, 2023 • GD Prinsloo

Die koninkryk van God is geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees(Rom14:17). Heilige Gees as persoon bekragtig ons om met vrymoedigheid die goeie saad te saai en ook vrug te dra. Ons moet dus alles beveg wat die werking van die Gees beperk of blus. Van Jesus se tyd tot vandag blus naywer en jaloesie die Gees. Naywer is die hartsposisie wat geestelike seeninge nie gun vir iemand anders nie. Die kompetisie en siekte van vergelyking in die wereld het ook die kerk pos gevat. Ons is een liggaam met baie lede wat nooit met mekaar mag kompeteer vir posisies of titels nie. Al ons energie moet gefokus wees om koninkryk met krag te laat kom en nie mekaar as kerk te kritiseer of af te breek nie. Ons kan naywer oorwin deur liefde, gebed vir mekaar, diens, mekaar te eer en elkeen te fokus op sy of haar spesifieke roeping. Die Gees gee ons elkeen waarde, verhouding en gesag.

Groeiende Geloof

May 14, 2023 • Rassie Fourie • Hebrews 10:39, Romans 12:3

God het aan elke persoon 'n maat van geloof gegee (Rom 12:3).  Ons verantwoordelikheid is om die mostertsaad van geloof te laat ontkiem en groei. Vir die wat deur geloof lewe sal dit die behoud van hulle lewe wees (Heb. 10:39).

Wag op die Gees

May 21, 2023 • Rassie Fourie

Die Heilige Gees is God. Hy is deur Jesus gestuur om as helper(parakleet) op te tree vir alle gelowiges. Jesus moes opvaar na die Hemel sodat ons Sy Gees by elkeen kan beleef. Mag Hy jou toerus en herinner aan Jesus se woorde.

Rentmeester

May 7, 2023 • Rassie Fourie

God se koninkryk is God se regering. Sy koninkryk/ Heerskappy / regering op aarde funktioneer somtyds op ander beginsels as ons wêreldse verstaan van bestuur en regering. Een van hierdie beginsels is rentmeesterskap. 'n Goeie rentmeester is 'n goeie bestuurder van iemand anders se besittings. God moedig ons aan om goeie rentmeesters te wees van ons finansies, ons huweliksmaats, ons kinders, ons ouerskap, ons werke en alles wat ons doen in die lewe. In Sy koninkryk belowe Hy ook dat goeie rentmeesterskap - 'n goeie oes kan oplewer.

Suurdeeg van die Fariseërs

April 30, 2023 • JC Le Roux • Matthew 5:20, Matthew 13:1–9, Mark 8:15–21, Luke 12:1–3

Ons reeks gaan oor saad en suurdeeg in die koninkryk. Die koninkryk/heerskappy wat Jesus vir ons gebring het. Wannneer ons dan n pad in die koninkryk begin stap word dit vergelyk met saad en suurdeeg. Eerstens saad wat die potensiaal het om te groei eers die halm , dan die aar en later die koring in die aar, Mark 4:28. Ook met suurdeeg word die koninkryk se groei in ons lewens vergelyk wat in meel ingewerk word, en so heeltemal insuur deur die hele baksel meel. Matt 13:33   Maar dan waarsku Jesus dat Sy dissipels moet waak teen die suurdeeg van die Fariseërs, Mark 8:15.Ons kyk bietjie wat het Jesus bedoel met die stelling. Hoe kan die spesifieke invloede van die Fariseërs die koninkryk in my lewe beïnvloed? Wie was die Fariseërs ? Ek en jy as Sy kinders en deel van Sy liggaam het die potensiaal om groot invloed in die wêreld en die kerk te hê.Ons elkeen het n rol om te speel. Kom ons leef die volle potensiaal van Sy koninkryk en waak teen die suurdeeg van die Fariseers. Skrifte Matt 13:31-33, Matt 13:1-9, Mark 815-21, Luk 12:1-3, Matt 5:20, Matt 23, Matt 6:33, Matt9:37 en Gal 5:18-23.

Saad van gee

April 23, 2023 • GD Prinsloo

Vyande van jou hart keer dat die saad van die koninkryk groei en vrug dra. Een van die grootste vyande van jou hart is gierigheid. Gierigheid kan gedefinieer word as ‘n “ruthless self–seeking and an arrogant assumption that others and things exist for one's own benefit.” Gierigheid kan baie vorme aanneem: Greed goes much further than money. A person can be greedy for money but also for fame, possessions, attention, compliments, gifts, another person’s time, and more. In the Bible, the words greed, greedily, greedy, and greediness are always used to describe the selfish motivation of a person. God se antwoord om die vyand te oorwin is die saad van gee. Gierigheid wat ‘n hartsposisie is, gaan dood as jy op alle terreine van jou lewe gee. Jy gee jouself, tyd, energie, geld en besittings, jou gawes en diensbaarheid om liefde te word en so God se koninkryk te verteenwoordig. Lukas 6:38 Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 2Kor 9:6 Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. 7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief. 8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. Gee is die saad van die koninkryk wat verseker vrug in jou lewe sal bring.

God se koningkryk in saad form

April 16, 2023 • Rassie Fourie • Matthew 13:31–33, Matthew 11:12

Ons is liggaam, siel en gees; en daar is baie in die GEES nog vir ons beskikbaar. God se eer lê in dit wat Hy verborge hou- soos Sy grootheid en almag. Hy het die VOLLE potensiaal van Sy koninkryk vir ons elkeen gebring in saad vorm. Die realiteit van God se koninkryk kan in ons lewe 'n realiteit word, maar dit moet gesoek en ontdek word! Hoe? Die sake van die Gees en die lewe moet ons weeg deur die filter van Jesus en die koninkryk wat Hy gebring het. Ons moet identifiseer waar die vyande wortel geskiet het in ons harte en dan die waarheid daar te laat wortel skiet. Ons moet op staan vir die koninkryk en veg vir meer van Hom en Sy koninkryk.