icon__search

Suurdeeg van die Fariseërs

April 30, 2023 • JC Le Roux • Matthew 5:20, Matthew 13:1–9, Mark 8:15–21, Luke 12:1–3

Ons reeks gaan oor saad en suurdeeg in die koninkryk. Die koninkryk/heerskappy wat Jesus vir ons gebring het. Wannneer ons dan n pad in die koninkryk begin stap word dit vergelyk met saad en suurdeeg. Eerstens saad wat die potensiaal het om te groei eers die halm , dan die aar en later die koring in die aar, Mark 4:28. Ook met suurdeeg word die koninkryk se groei in ons lewens vergelyk wat in meel ingewerk word, en so heeltemal insuur deur die hele baksel meel. Matt 13:33

 

Maar dan waarsku Jesus dat Sy dissipels moet waak teen die suurdeeg van die Fariseërs, Mark 8:15.Ons kyk bietjie wat het Jesus bedoel met die stelling.

Hoe kan die spesifieke invloede van die Fariseërs die koninkryk in my lewe beïnvloed? Wie was die Fariseërs ?


Ek en jy as Sy kinders en deel van Sy liggaam het die potensiaal om groot invloed in die wêreld en die kerk te hê.Ons elkeen het n rol om te speel. Kom ons leef die volle potensiaal van Sy koninkryk en waak teen die suurdeeg van die Fariseers.


Skrifte Matt 13:31-33, Matt 13:1-9, Mark 815-21, Luk 12:1-3, Matt 5:20, Matt 23, Matt 6:33, Matt9:37 en Gal 5:18-23.

Saad van gehoorsaamheid

June 25, 2023 • GD Prinsloo

Gehoorsaamheid is God se liefdestaal. Die saad van gehoorsaamheid aan God se woord dra altyd vrug. Ons het in al ons besluite, denke en optrede ‘n keuse om God se manier of die wêreld se manier te volg. Beide sal vrug dra, die wêreld se manier lei na dood, God se manier lei na lewe in oorvloed. Jesus defineer liefde in Johannes 14 en 15 as gehoorsaamheid aan sy opdragte, dus liefde in aksie. Dit impliseer dat elkeen van ons gedurig ons manier van doen onderwerp aan God se manier. My waardes en kompas in die lewe word dus bepaal deur net een bron, Jesus se afgehandelde werk en opdragte. My en jou gehoorsaamheid aan Jesus se opdragte sal bewys of ons Hom rerig liefhet.

Die noodsaaklikheid van storms vir die groei van Woord-saad

June 18, 2023 • Ben Coetzee

Almal beleef storms in die lewe. God gee ons die oorwinning en lei ons deur moeilike tye. Alle storms kom nie van God af nie. Maar alle storms kan saam met Hom oorwin word.

Sonde

June 11, 2023 • Rassie Fourie

Sonde kan soos suurdeeg wees. Die oor -en onderbeklemtoning van sonde in ons lewe veroorsaak wanbalans in ons verhouding met God. Jesus het gekom om ons uit n sondige toestand te red!