Almal beleef storms in die lewe. God gee ons die oorwinning en lei ons deur moeilike tye. Alle storms kom nie van God af nie. Maar alle storms kan saam met Hom oorwin word.
Die noodsaaklikheid van storms vir die groei van Woord-saad
June 18, 2023 • Ben Coetzee
Saad van gehoorsaamheid
June 25, 2023 • GD Prinsloo
Gehoorsaamheid is God se liefdestaal. Die saad van gehoorsaamheid aan God se woord dra altyd vrug. Ons het in al ons besluite, denke en optrede ‘n keuse om God se manier of die wêreld se manier te volg. Beide sal vrug dra, die wêreld se manier lei na dood, God se manier lei na lewe in oorvloed. Jesus defineer liefde in Johannes 14 en 15 as gehoorsaamheid aan sy opdragte, dus liefde in aksie. Dit impliseer dat elkeen van ons gedurig ons manier van doen onderwerp aan God se manier. My waardes en kompas in die lewe word dus bepaal deur net een bron, Jesus se afgehandelde werk en opdragte. My en jou gehoorsaamheid aan Jesus se opdragte sal bewys of ons Hom rerig liefhet.
Ek Johannes
June 3, 2023 • JC Le Roux
Tydens ons Saad en Suurdeeg reeks het ons na verskeie aspekte gekyk. Ek wil graag kyk na die saad van geloof en hoe dit soos suurdeeg deur my en jou lewens moet werk. Johannes en sy lewe wil ek as voorbeeld gebruik. Johannes sê in 1 Johannes 5:4 “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.” Geloof in Jesus oorwin die wêreld. Openbaring 1:9 sê Johannes n paar belangrike geloofswandel woorde en ons gaan daarna kyk. Hy sê eerstens hy is n broer en deelgenoot, in die verdrukking, in die koninkryk en met lydsaamheid. Op Patmos! Waarom? Ter wille van die Woord en die getuienis van Jesus Christus.