Tydens ons Saad en Suurdeeg reeks het ons na verskeie aspekte gekyk.
Ek wil graag kyk na die saad van geloof en hoe dit soos suurdeeg deur my en jou lewens moet werk.
Johannes en sy lewe wil ek as voorbeeld gebruik. Johannes sê in 1 Johannes 5:4 “Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld;
en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.”
Geloof in Jesus oorwin die wêreld. Openbaring 1:9 sê Johannes n paar belangrike geloofswandel woorde en ons gaan daarna kyk.
Hy sê eerstens hy is n broer en deelgenoot, in die verdrukking, in die koninkryk en met lydsaamheid. Op Patmos! Waarom?
Ter wille van die Woord en die getuienis van Jesus Christus.