icon__search

Saad van gee

April 23, 2023 • GD Prinsloo

Vyande van jou hart keer dat die saad van die koninkryk groei en vrug dra. Een van die grootste vyande van jou hart is gierigheid. Gierigheid kan gedefinieer word as ‘n “ruthless self–seeking and an arrogant assumption that others and things exist for one's own benefit.” Gierigheid kan baie vorme aanneem: Greed goes much further than money. A person can be greedy for money but also for fame, possessions, attention, compliments, gifts, another person’s time, and more. In the Bible, the words greed, greedily, greedy, and greediness are always used to describe the selfish motivation of a person.


God se antwoord om die vyand te oorwin is die saad van gee. Gierigheid wat ‘n hartsposisie is, gaan dood as jy op alle terreine van jou lewe gee. Jy gee jouself, tyd, energie, geld en besittings, jou gawes en diensbaarheid om liefde te word en so God se koninkryk te verteenwoordig. Lukas 6:38 Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.


2Kor 9:6 Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. 7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief. 8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.


Gee is die saad van die koninkryk wat verseker vrug in jou lewe sal bring.


Saad van gehoorsaamheid

June 25, 2023 • GD Prinsloo

Gehoorsaamheid is God se liefdestaal. Die saad van gehoorsaamheid aan God se woord dra altyd vrug. Ons het in al ons besluite, denke en optrede ‘n keuse om God se manier of die wêreld se manier te volg. Beide sal vrug dra, die wêreld se manier lei na dood, God se manier lei na lewe in oorvloed. Jesus defineer liefde in Johannes 14 en 15 as gehoorsaamheid aan sy opdragte, dus liefde in aksie. Dit impliseer dat elkeen van ons gedurig ons manier van doen onderwerp aan God se manier. My waardes en kompas in die lewe word dus bepaal deur net een bron, Jesus se afgehandelde werk en opdragte. My en jou gehoorsaamheid aan Jesus se opdragte sal bewys of ons Hom rerig liefhet.

Die noodsaaklikheid van storms vir die groei van Woord-saad

June 18, 2023 • Ben Coetzee

Almal beleef storms in die lewe. God gee ons die oorwinning en lei ons deur moeilike tye. Alle storms kom nie van God af nie. Maar alle storms kan saam met Hom oorwin word.

Sonde

June 11, 2023 • Rassie Fourie

Sonde kan soos suurdeeg wees. Die oor -en onderbeklemtoning van sonde in ons lewe veroorsaak wanbalans in ons verhouding met God. Jesus het gekom om ons uit n sondige toestand te red!