icon__search

Rentmeester

May 7, 2023 • Rassie Fourie

God se koninkryk is God se regering. Sy koninkryk/ Heerskappy / regering op aarde funktioneer somtyds op ander beginsels as ons wêreldse verstaan van bestuur en regering. Een van hierdie beginsels is rentmeesterskap. 'n Goeie rentmeester is 'n goeie bestuurder van iemand anders se besittings.


God moedig ons aan om goeie rentmeesters te wees van ons finansies, ons huweliksmaats, ons kinders, ons ouerskap, ons werke en alles wat ons doen in die lewe.


In Sy koninkryk belowe Hy ook dat goeie rentmeesterskap - 'n goeie oes kan oplewer.

Saad van gehoorsaamheid

June 25, 2023 • GD Prinsloo

Gehoorsaamheid is God se liefdestaal. Die saad van gehoorsaamheid aan God se woord dra altyd vrug. Ons het in al ons besluite, denke en optrede ‘n keuse om God se manier of die wêreld se manier te volg. Beide sal vrug dra, die wêreld se manier lei na dood, God se manier lei na lewe in oorvloed. Jesus defineer liefde in Johannes 14 en 15 as gehoorsaamheid aan sy opdragte, dus liefde in aksie. Dit impliseer dat elkeen van ons gedurig ons manier van doen onderwerp aan God se manier. My waardes en kompas in die lewe word dus bepaal deur net een bron, Jesus se afgehandelde werk en opdragte. My en jou gehoorsaamheid aan Jesus se opdragte sal bewys of ons Hom rerig liefhet.

Die noodsaaklikheid van storms vir die groei van Woord-saad

June 18, 2023 • Ben Coetzee

Almal beleef storms in die lewe. God gee ons die oorwinning en lei ons deur moeilike tye. Alle storms kom nie van God af nie. Maar alle storms kan saam met Hom oorwin word.

Sonde

June 11, 2023 • Rassie Fourie

Sonde kan soos suurdeeg wees. Die oor -en onderbeklemtoning van sonde in ons lewe veroorsaak wanbalans in ons verhouding met God. Jesus het gekom om ons uit n sondige toestand te red!