icon__search

Groeiende Geloof

May 14, 2023 • Rassie Fourie • Hebrews 10:39, Romans 12:3

God het aan elke persoon 'n maat van geloof gegee (Rom 12:3). 

Ons verantwoordelikheid is om die mostertsaad van geloof te laat ontkiem en groei. Vir die wat deur geloof lewe sal dit die behoud van hulle lewe wees (Heb. 10:39).

Saad van gehoorsaamheid

June 25, 2023 • GD Prinsloo

Gehoorsaamheid is God se liefdestaal. Die saad van gehoorsaamheid aan God se woord dra altyd vrug. Ons het in al ons besluite, denke en optrede ‘n keuse om God se manier of die wêreld se manier te volg. Beide sal vrug dra, die wêreld se manier lei na dood, God se manier lei na lewe in oorvloed. Jesus defineer liefde in Johannes 14 en 15 as gehoorsaamheid aan sy opdragte, dus liefde in aksie. Dit impliseer dat elkeen van ons gedurig ons manier van doen onderwerp aan God se manier. My waardes en kompas in die lewe word dus bepaal deur net een bron, Jesus se afgehandelde werk en opdragte. My en jou gehoorsaamheid aan Jesus se opdragte sal bewys of ons Hom rerig liefhet.

Die noodsaaklikheid van storms vir die groei van Woord-saad

June 18, 2023 • Ben Coetzee

Almal beleef storms in die lewe. God gee ons die oorwinning en lei ons deur moeilike tye. Alle storms kom nie van God af nie. Maar alle storms kan saam met Hom oorwin word.

Sonde

June 11, 2023 • Rassie Fourie

Sonde kan soos suurdeeg wees. Die oor -en onderbeklemtoning van sonde in ons lewe veroorsaak wanbalans in ons verhouding met God. Jesus het gekom om ons uit n sondige toestand te red!