Ons is liggaam, siel en gees; en daar is baie in die GEES nog vir ons beskikbaar. God se eer lê in dit wat Hy verborge hou- soos Sy grootheid en almag. Hy het die VOLLE potensiaal van Sy koninkryk vir ons elkeen gebring in saad vorm. Die realiteit van God se koninkryk kan in ons lewe 'n realiteit word, maar dit moet gesoek en ontdek word! Hoe?
Die sake van die Gees en die lewe moet ons weeg deur die filter van Jesus en die koninkryk wat Hy gebring het. Ons moet identifiseer waar die vyande wortel geskiet het in ons harte en dan die waarheid daar te laat wortel skiet. Ons moet op staan vir die koninkryk en veg vir meer van Hom en Sy koninkryk.