icon__search

Slapies jy nog? Ag, jammer om te pla...

Glo jy dat God 'n verskil kan maak?

June 23, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Jonah 1:4–16

Jona glo nie God kan dit doen nie, en Jona het ook nie ‘n hart vir hierdie stad om te verander nie. Jona glo nie dinge kan verander nie...



Hoe kyk jy na die wêreld om jou? Hoe kyk jy na die samelewing? Hoe kyk ons na ons stad? Is ons net soos Jona sinies oor dit, word ons net so maklik geïntimideer deur dit om ons. Is ons net so afgestomp dat ons glo ‘n radikale verandering hier nie moontlik is nie? Is ons soos Jona nie net sinies oor verandering nie maar dat ons ook nie omgee oor verandering nie?


Is ons soos Jona wat maar net dinge laat loop soos dit loop terwyl ons aangaan met ons eie persoonlike doelwitte in die lewe?


Weet jy wat? Daar is ook ander mense in my en jou boot! Die mense saam met wie ons bly, werk, en speel.