icon__search

VERBEEL

Die droom van die koninkryk

September 22, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Daniel 2

Vir die volgende twee en ‘n half maande gaan ons oor al die wyke in ons gemeente fokus op ons funksionering en bestaansreg vir die toekoms. 


Jy speel natuurlik die heel belangrikste rol in hierdie netwerk en ons wil jou toerus, bemoedig en in staat stel om die koninkryk van God te laat kom waar jy bly, werk en speel. 


Die boek Daniël vat ons op ‘n besondere reis hierdie volgende twee en ‘n half maande en ek wil jou vra om seker te maak dat jy hierdie reeks met oorgawe sal volg en sal toelaat dat God in jou hart iets plant wat Daniël en sy vriende gedoen het. 


So sal ons die lig vir hierdie wêreld wees en so sal ons jou en jou kinders se doel, roeping, ervaring en liefde in hierdie land na vore bring wat ongekende genade, hoop en liefde as spore sal nalaat waar jy en jou kinders ook al beweeg.