icon__search

Wat skryf jy in die sand?

Dit gaan oor baie meer as vergifnis en genade...

May 12, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • John 8:1–11

En wat het Jesus gedoen? Hy buk af en skryf in die stof. Hy vat een skrifgedeelte wat hulle almal sou ken en hy voer dit op, sonder om een woord te sê. So sonder om dit te sê, wys Jesus deur sy aksies na ‘n vers waaroor hulle almal gepreek het die afgelope week, en hiermee impliseer Jesus dat hierdie bekommerde godsdiensleiers – eintlik dié is wat van God weg gedraai het en nie die vrou nie. 


Die verteller wil hê jy moet sien dat Jesus ‘n hele verskanste-mag-struktuur konfronteer. Jy sien hierdie spirituele leiers was deel van ‘n tempel instelling wat die Joodse volk regeer het, ‘n instelling wat die politiek, godsdiens, ekonomie en kultuur van die dag beheer het. Hierdie instelling het korrup geword in Jesus se dag en tyd. Daarom konfronteer Hy hulle – Hy maak stem dik op ‘n manier.