In die laaste vier maande wat ons hier by SA Gemeente is het ons soveel verskillende dinge begin sien van hierdie gemeente wat ons baie opgewonde maak vir die toekoms. Die potensiaal wat hier leef is absoluut fenomenaal.
Dit het my baie laat dink oor Jesus en sy dissipels, ‘n storie wat ek al lankal van weet en ken maar dit het ‘n totale nuwe prentjie en idee vir my oopgemaak in terme van ons gemeente verstaan en waarheen ons op pad is.