icon__search

VANDAG...

Ons roeping is hier vir NOU...

April 28, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Luke 18:35–43, Luke 19:1–10, Luke 23:42

As daar nou 'n tyd in Jesus se lewe was waar hy in homself sou wees en nie aandag aan ander gee nie sou dit op die kruis gewees het. Mense het hom kaal uitgetrek, hom stukkend geslaan dat sy ribbe bene sigbaar was hom so geslaan dat hy nie eens soos ‘n mens gelyk het nie. Hy hang aan ‘n kruis waar hy homself moet opdruk teen sy enkels wat vasgespyker is en sy hele lyf moet optel met sy polse waar die ander spykers is net om asem te kan haal. Terwyl mense hom vloek en skel en op hom spoeg.


Dit is in daardie oomblik waar daar reg langs hom ‘n krimineel is, wat na Jesus kyk en sê: “onthou my as jy in die paradys instap vandag”. 


In die middel van Jesus se swaarste swaar, sy slegste pynvolste oomblik, is Jesus ten volle teenwoordig en hy kyk na die ander kruis langs hom en hy sê: "VANDAG, VANDAG sal jy saam met my in die paradys wees". Ten volle teenwoordig in die oomblik. 

Wat skryf jy in die sand?

May 12, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • John 8:1–11

En wat het Jesus gedoen? Hy buk af en skryf in die stof. Hy vat een skrifgedeelte wat hulle almal sou ken en hy voer dit op, sonder om een woord te sê. So sonder om dit te sê, wys Jesus deur sy aksies na ‘n vers waaroor hulle almal gepreek het die afgelope week, en hiermee impliseer Jesus dat hierdie bekommerde godsdiensleiers – eintlik dié is wat van God weg gedraai het en nie die vrou nie.  Die verteller wil hê jy moet sien dat Jesus ‘n hele verskanste-mag-struktuur konfronteer. Jy sien hierdie spirituele leiers was deel van ‘n tempel instelling wat die Joodse volk regeer het, ‘n instelling wat die politiek, godsdiens, ekonomie en kultuur van die dag beheer het. Hierdie instelling het korrup geword in Jesus se dag en tyd. Daarom konfronteer Hy hulle – Hy maak stem dik op ‘n manier. 

Is die kerk breindood verklaar?

April 21, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Matthew 16:13–20

Almal sê die Christen kerk is op sy laaste bene en aan die taan. Word die kerk maar kunsmatig aan die lewe gehou met masjiene of is daar nog lewe? Natuurlik is daar lewe, daar was nog altyd ons diepste belydenis as Christene is OPSTANDING uit die dood... Kom kyk of luister saam na dit wat Jesus oor jou voorspel het meer as 2000 jaar gelede en word vernuwe!

Paasdiens

March 31, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk

Ons hou 'n gesamentlike Paasdiens saam met al die SA Gemeente wyke en herdenk "die belangrikste dag in die geskiedenis van die wêreld"!