London en sy omgewing het nogal baie mense wat graag “spiritueel” wil wees. Spiritualiteit is nog steeds ‘n groot ding in ons lewens. Mense rondom ons het regtig ‘n behoefte aan spiritualiteit, hulle sê dit selfs presies net so.
Wat sê mense hiermee, wat bedoel hulle hiermee. Wat ek dink hulle probeer verwoord is: “EK soek ‘n innerlike vrede, EK wil betekenis hê, EK het innerlike krag nodig sodat EK MY doel kan bereik en MY agenda kan volg. Die probleem natuurlik hiermee is dat Christenskap nie in hierdie model inpas nie.
Ja jy het my reg gehoor want Christenskap is inderdaad inwaartse transformasie, maar dit is en het ‘n totale nuwe agenda. Christenskap help jou nie om by JOU eie agenda uit te kom nie dit is ‘n totaal nuwe agenda.