icon__search

LEGO in die markplein

Loop Lewe London LAG Lag Lekker

March 17, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Acts 17:16–34

Het jy al vasgeloop gevoel in die lewe en dan soek jy antwoorde in die Bybel? Moet ek hierdie of daardie werk neem, na watter universiteit moet ek gaan, moet ek hierdie besigheidstransaksie doen of nie, moet ek met hierdie een trou of nie. Ons raak so prakties dat ons eintlik on-prakties raak.


Jy sê hoe kan ek die dood in die oë kyk, hoe kan ek wysheid kry, hoe oorleef ek swaarkry. Maar die Bybel sê heeltyd: Hier is die karakter wat nodig is, hier is die hart wat nodig is, hier is die tipe persoon wat deur hierdie dinge werk. En jy sê: “maar ek het hierdie môre nodig.” Ek het nie tyd hiervoor nie, ek het hierdie môre nodig.


So wat is die dinge wat ons hier leer in ‘n tyd van “kwick fixes”?


VANDAG...

April 28, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Luke 18:35–43, Luke 19:1–10, Luke 23:42

As daar nou 'n tyd in Jesus se lewe was waar hy in homself sou wees en nie aandag aan ander gee nie sou dit op die kruis gewees het. Mense het hom kaal uitgetrek, hom stukkend geslaan dat sy ribbe bene sigbaar was hom so geslaan dat hy nie eens soos ‘n mens gelyk het nie. Hy hang aan ‘n kruis waar hy homself moet opdruk teen sy enkels wat vasgespyker is en sy hele lyf moet optel met sy polse waar die ander spykers is net om asem te kan haal. Terwyl mense hom vloek en skel en op hom spoeg. Dit is in daardie oomblik waar daar reg langs hom ‘n krimineel is, wat na Jesus kyk en sê: “onthou my as jy in die paradys instap vandag”.  In die middel van Jesus se swaarste swaar, sy slegste pynvolste oomblik, is Jesus ten volle teenwoordig en hy kyk na die ander kruis langs hom en hy sê: "VANDAG, VANDAG sal jy saam met my in die paradys wees". Ten volle teenwoordig in die oomblik. 

Is die kerk breindood verklaar?

April 21, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Matthew 16:13–20

Almal sê die Christen kerk is op sy laaste bene en aan die taan. Word die kerk maar kunsmatig aan die lewe gehou met masjiene of is daar nog lewe? Natuurlik is daar lewe, daar was nog altyd ons diepste belydenis as Christene is OPSTANDING uit die dood... Kom kyk of luister saam na dit wat Jesus oor jou voorspel het meer as 2000 jaar gelede en word vernuwe!

Paasdiens

March 31, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk

Ons hou 'n gesamentlike Paasdiens saam met al die SA Gemeente wyke en herdenk "die belangrikste dag in die geskiedenis van die wêreld"!