Vriende wat ‘n week van drama en intriges en roeping en doel wat ons so saam met die Here geloop het. Vandag is dit OPSTANDING SONDAG! Ja die Here het waarlik opgestaan en vandag fier ons groot fees saam met die Here. Vandag gaan ons partytjie hou.
Ons bring eer aan die Here as ons vandag fees vier rondom Sy opstanding en Sy oorwinning. Daarom wil ek jou vandag na Jesus se partytjie nooi, ek wil vir jou iets kom wys van Jesus, ek wil vir jou iets laat voel van wie Hy is.
Want net as jy dink jy ken Hom dan besef jy net weer Hy is soveel groter en swaarder as jy.