Wat is die dinge waaroor jy droom in die lewe? Wat wil jy bereik eendag nog? Waarvoor wens jy?
Almal van ons het mos sulke drome in die lewe. Almal van ons wens dinge kan so wees of anders wees. Hierdie is ook gewoonlik positiewe dinge in die lewe, as jy ‘n kind is wens jy dat jy hierdie LEGO of daardie BARBIE kan hê, as jy ‘n tiener is wens jy en droom jy oor die mooiste ou of meisie in die skool of die nuutste iPhone.
As student droom jy oor hoe ryk jy eendag gaan wees en heeltemal anders as jou ouers gaan wees. Dan begin jy droom oor die wonderlike man en pa wat jy eendag gaan wees en jou Ferarri wat jy gaan ry of die lotto wat jy gaan wen. Dan begin jy droom wat ‘n wonderlike oupa of ouma jy gaan wees en jy droom oor ‘n lang lewe vol vreugdes en gesondheid en ‘n gemaklike aftrede.
Dit is alles pragtige dinge en jy sou selfs kon redeneer dat dit baie goeie doele is om na te strewe in die lewe.
Maar dan gebeur die lewe... of hoe?