icon__search

Nare mense

Loop Lewe London Lag LAG Lekker

March 24, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • 1 Samuel 25:2–44

Om iemand seer te maak omdat hulle jou seergemaak het, eindig nie die siklus nie. Tewens, dit hou dit aan die gang. Boonop laat dit jou lyk soos die persoon wat jy nie wil wees nie. As jy kwaad met kwaad vergeld, sal jy 'n redelik voorspelbare storie skryf. Maar daar is 'n manier om in plaas daarvan 'n merkwaardige een te skryf.


Kom vind uit hoe saam met ons hierdie week!

VANDAG...

April 28, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Luke 18:35–43, Luke 19:1–10, Luke 23:42

As daar nou 'n tyd in Jesus se lewe was waar hy in homself sou wees en nie aandag aan ander gee nie sou dit op die kruis gewees het. Mense het hom kaal uitgetrek, hom stukkend geslaan dat sy ribbe bene sigbaar was hom so geslaan dat hy nie eens soos ‘n mens gelyk het nie. Hy hang aan ‘n kruis waar hy homself moet opdruk teen sy enkels wat vasgespyker is en sy hele lyf moet optel met sy polse waar die ander spykers is net om asem te kan haal. Terwyl mense hom vloek en skel en op hom spoeg. Dit is in daardie oomblik waar daar reg langs hom ‘n krimineel is, wat na Jesus kyk en sê: “onthou my as jy in die paradys instap vandag”.  In die middel van Jesus se swaarste swaar, sy slegste pynvolste oomblik, is Jesus ten volle teenwoordig en hy kyk na die ander kruis langs hom en hy sê: "VANDAG, VANDAG sal jy saam met my in die paradys wees". Ten volle teenwoordig in die oomblik. 

Is die kerk breindood verklaar?

April 21, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Matthew 16:13–20

Almal sê die Christen kerk is op sy laaste bene en aan die taan. Word die kerk maar kunsmatig aan die lewe gehou met masjiene of is daar nog lewe? Natuurlik is daar lewe, daar was nog altyd ons diepste belydenis as Christene is OPSTANDING uit die dood... Kom kyk of luister saam na dit wat Jesus oor jou voorspel het meer as 2000 jaar gelede en word vernuwe!

Paasdiens

March 31, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk

Ons hou 'n gesamentlike Paasdiens saam met al die SA Gemeente wyke en herdenk "die belangrikste dag in die geskiedenis van die wêreld"!