As daar nou 'n tyd in Jesus se lewe was waar hy in homself sou wees en nie aandag aan ander gee nie sou dit op die kruis gewees het. Mense het hom kaal uitgetrek, hom stukkend geslaan dat sy ribbe bene sigbaar was hom so geslaan dat hy nie eens soos ‘n mens gelyk het nie. Hy hang aan ‘n kruis waar hy homself moet opdruk teen sy enkels wat vasgespyker is en sy hele lyf moet optel met sy polse waar die ander spykers is net om asem te kan haal. Terwyl mense hom vloek en skel en op hom spoeg.
Dit is in daardie oomblik waar daar reg langs hom ‘n krimineel is, wat na Jesus kyk en sê: “onthou my as jy in die paradys instap vandag”.
In die middel van Jesus se swaarste swaar, sy slegste pynvolste oomblik, is Jesus ten volle teenwoordig en hy kyk na die ander kruis langs hom en hy sê: "VANDAG, VANDAG sal jy saam met my in die paradys wees". Ten volle teenwoordig in die oomblik.