icon__search

'n 500m DRYF...

'n Hart vir die stad

March 3, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Acts 16:13–34

Wat is die dinge waaroor jy droom in die lewe? Wat wil jy bereik eendag nog? Waarvoor wens jy? 


Almal van ons het mos sulke drome in die lewe. Almal van ons wens dinge kan so wees of anders wees. Hierdie is ook gewoonlik positiewe dinge in die lewe, as jy ‘n kind is wens jy dat jy hierdie LEGO of daardie BARBIE kan hê, as jy ‘n tiener is wens jy en droom jy oor die mooiste ou of meisie in die skool of die nuutste iPhone. 


As student droom jy oor hoe ryk jy eendag gaan wees en heeltemal anders as jou ouers gaan wees. Dan begin jy droom oor die wonderlike man en pa wat jy eendag gaan wees en jou Ferarri wat jy gaan ry of die lotto wat jy gaan wen. Dan begin jy droom wat ‘n wonderlike oupa of ouma jy gaan wees en jy droom oor ‘n lang lewe vol vreugdes en gesondheid en ‘n gemaklike aftrede. 


Dit is alles pragtige dinge en jy sou selfs kon redeneer dat dit baie goeie doele is om na te strewe in die lewe. 


Maar dan gebeur die lewe... of hoe?


VANDAG...

April 28, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Luke 18:35–43, Luke 19:1–10, Luke 23:42

As daar nou 'n tyd in Jesus se lewe was waar hy in homself sou wees en nie aandag aan ander gee nie sou dit op die kruis gewees het. Mense het hom kaal uitgetrek, hom stukkend geslaan dat sy ribbe bene sigbaar was hom so geslaan dat hy nie eens soos ‘n mens gelyk het nie. Hy hang aan ‘n kruis waar hy homself moet opdruk teen sy enkels wat vasgespyker is en sy hele lyf moet optel met sy polse waar die ander spykers is net om asem te kan haal. Terwyl mense hom vloek en skel en op hom spoeg. Dit is in daardie oomblik waar daar reg langs hom ‘n krimineel is, wat na Jesus kyk en sê: “onthou my as jy in die paradys instap vandag”.  In die middel van Jesus se swaarste swaar, sy slegste pynvolste oomblik, is Jesus ten volle teenwoordig en hy kyk na die ander kruis langs hom en hy sê: "VANDAG, VANDAG sal jy saam met my in die paradys wees". Ten volle teenwoordig in die oomblik. 

Is die kerk breindood verklaar?

April 21, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Matthew 16:13–20

Almal sê die Christen kerk is op sy laaste bene en aan die taan. Word die kerk maar kunsmatig aan die lewe gehou met masjiene of is daar nog lewe? Natuurlik is daar lewe, daar was nog altyd ons diepste belydenis as Christene is OPSTANDING uit die dood... Kom kyk of luister saam na dit wat Jesus oor jou voorspel het meer as 2000 jaar gelede en word vernuwe!

Paasdiens

March 31, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk

Ons hou 'n gesamentlike Paasdiens saam met al die SA Gemeente wyke en herdenk "die belangrikste dag in die geskiedenis van die wêreld"!