Hierdie app is jou sleutel tot daaglikse inspirasie en geestelike groei. En die beste van alles? Dit is heeltemal gratis en beskikbaar vir almal! Op die app kry jy toegang tot al my leringe en boodskappe, insluitend: • Gedagte van die Dag – Kort daaglikse boodskappe om jou geloof te versterk. • Stap Deur die Bybel – Reis saam deur die Woord van God, een hoofstuk op 'n slag. • Bybelstudie – Dieper insigte en leringe om jou kennis van die Skrif te verbreed. • Worship Playlist – Pragtige aanbiddingsmusiek om jou siel te verfris. • Sel Groep en Preke – Al ons lesings, sel groep temas, en Sondagpreke, reg hier in jou hand! Die Here het ons geroep om Sy Woord te versprei, en nou kan ons dit wyer doen as ooit tevore! Kom nader aan God, groei in jou geloof, en laat hierdie app jou help om jou daaglikse wandel met die Here sterker te maak. Want waar God werk, wie kan Hom keer?