icon__search

Preke - Dr Sebastiaan van Dyk

Is die kerk breindood verklaar?

April 14, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Matthew 16:13–20

Almal sê die Christen kerk is op sy laaste bene en aan die taan. Word die kerk maar kunsmatig aan die lewe gehou met masjiene of is daar nog lewe? Natuurlik is daar lewe, daar was nog altyd ons diepste belydenis as Christene is OPSTANDING uit die dood... Kom kyk of luister saam na dit wat Jesus oor jou voorspel het meer as 2000 jaar gelede en word vernuwe!

Paasdiens

March 31, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk

Ons hou 'n gesamentlike Paasdiens saam met al die SA Gemeente wyke en herdenk "die belangrikste dag in die geskiedenis van die wêreld"!

Die belangrikste dag in die geskiedenis van die wêreld!

March 31, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Luke 24:13–35

Vriende wat ‘n week van drama en intriges en roeping en doel wat ons so saam met die Here geloop het. Vandag is dit OPSTANDING SONDAG! Ja die Here het waarlik opgestaan en vandag fier ons groot fees saam met die Here. Vandag gaan ons partytjie hou. Ons bring eer aan die Here as ons vandag fees vier rondom Sy opstanding en Sy oorwinning. Daarom wil ek jou vandag na Jesus se partytjie nooi, ek wil vir jou iets kom wys van Jesus, ek wil vir jou iets laat voel van wie Hy is.  Want net as jy dink jy ken Hom dan besef jy net weer Hy is soveel groter en swaarder as jy. 

Nare mense

March 24, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • 1 Samuel 25:2–44

Om iemand seer te maak omdat hulle jou seergemaak het, eindig nie die siklus nie. Tewens, dit hou dit aan die gang. Boonop laat dit jou lyk soos die persoon wat jy nie wil wees nie. As jy kwaad met kwaad vergeld, sal jy 'n redelik voorspelbare storie skryf. Maar daar is 'n manier om in plaas daarvan 'n merkwaardige een te skryf. Kom vind uit hoe saam met ons hierdie week!

LEGO in die markplein

March 17, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Acts 17:16–34

Het jy al vasgeloop gevoel in die lewe en dan soek jy antwoorde in die Bybel? Moet ek hierdie of daardie werk neem, na watter universiteit moet ek gaan, moet ek hierdie besigheidstransaksie doen of nie, moet ek met hierdie een trou of nie. Ons raak so prakties dat ons eintlik on-prakties raak. Jy sê hoe kan ek die dood in die oë kyk, hoe kan ek wysheid kry, hoe oorleef ek swaarkry. Maar die Bybel sê heeltyd: Hier is die karakter wat nodig is, hier is die hart wat nodig is, hier is die tipe persoon wat deur hierdie dinge werk. En jy sê: “maar ek het hierdie môre nodig.” Ek het nie tyd hiervoor nie, ek het hierdie môre nodig. So wat is die dinge wat ons hier leer in ‘n tyd van “kwick fixes”?

4 Tipes Medisyne

March 10, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Acts 16:13–34

London en sy omgewing het nogal baie mense wat graag “spiritueel” wil wees. Spiritualiteit is nog steeds ‘n groot ding in ons lewens. Mense rondom ons het regtig ‘n behoefte aan spiritualiteit, hulle sê dit selfs presies net so.  Wat sê mense hiermee, wat bedoel hulle hiermee. Wat ek dink hulle probeer verwoord is: “EK soek ‘n innerlike vrede, EK wil betekenis hê, EK het innerlike krag nodig sodat EK MY doel kan bereik en MY agenda kan volg. Die probleem natuurlik hiermee is dat Christenskap nie in hierdie model inpas nie. Ja jy het my reg gehoor want Christenskap is inderdaad inwaartse transformasie, maar dit is en het ‘n totale nuwe agenda. Christenskap help jou nie om by JOU eie agenda uit te kom nie dit is ‘n totaal nuwe agenda.

'n 500m DRYF...

March 3, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Acts 16:13–34

Wat is die dinge waaroor jy droom in die lewe? Wat wil jy bereik eendag nog? Waarvoor wens jy?  Almal van ons het mos sulke drome in die lewe. Almal van ons wens dinge kan so wees of anders wees. Hierdie is ook gewoonlik positiewe dinge in die lewe, as jy ‘n kind is wens jy dat jy hierdie LEGO of daardie BARBIE kan hê, as jy ‘n tiener is wens jy en droom jy oor die mooiste ou of meisie in die skool of die nuutste iPhone.  As student droom jy oor hoe ryk jy eendag gaan wees en heeltemal anders as jou ouers gaan wees. Dan begin jy droom oor die wonderlike man en pa wat jy eendag gaan wees en jou Ferarri wat jy gaan ry of die lotto wat jy gaan wen. Dan begin jy droom wat ‘n wonderlike oupa of ouma jy gaan wees en jy droom oor ‘n lang lewe vol vreugdes en gesondheid en ‘n gemaklike aftrede.  Dit is alles pragtige dinge en jy sou selfs kon redeneer dat dit baie goeie doele is om na te strewe in die lewe.  Maar dan gebeur die lewe... of hoe?

The Good, The Bad and The Ugly

February 25, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Acts 16:13–34

Die saak wat gemaak is vir die waarheid van Christenskap in die eerste eeu is met soveel krag gedeel dat mense dit begin volg het om hierdie brutale samelewing waarin hulle geleef het uit te daag. Daar was hoop in die mees hopelose situasie... Is hierdie my en jou oomblik in die tyd wat ons op hierdie aarde het om te skyn in ‘n kultuur en tyd wat dit meer nodig het as ooit? Maar hoe? Op watter maniere bring en sien ons hoop in ‘n tyd soos hierdie? 

God glo in ONS!

January 28, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Matthew 14

In die laaste vier maande wat ons hier by SA Gemeente is het ons soveel verskillende dinge begin sien van hierdie gemeente wat ons baie opgewonde maak vir die toekoms. Die potensiaal wat hier leef is absoluut fenomenaal.  Dit het my baie laat dink oor Jesus en sy dissipels, ‘n storie wat ek al lankal van weet en ken maar dit het ‘n totale nuwe prentjie en idee vir my oopgemaak in terme van ons gemeente verstaan en waarheen ons op pad is. 

Dit is 2024!

January 7, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Matthew 28:18–20

Ons wens vir elkeen van julle ‘n mooi en geseënde nuwe jaar saam met die Here toe. Mag julle geestelike lewe voorwaar groei en verdiep hierdie jaar tot ‘n nuwe vlak van dissippelskap. Ons gaan jou help hier by SA Gemeente om presies dit te realiseer in jou lewe. Daarom nooi ek jou uit om hierdie gemeente ‘n kans in jou lewe te gee, sodat jy God kan beleef en laat leef...