icon__search

Dit is die hande wat saak maak

April 29, 2020

Daar is verskeie kere in die lewe wanneer ons wonder of ons woorde van bemoediging, omgee, raadgewing en selfs teregwysing gehoor word. Ek dink veral aan die onderwerpe en gesprekke wat my ouers gereeld met my gehad het, en wat ek nou weer gereeld met my kinders het. Jesus het ook verskeie gesprekke met mense, en selfs sy dissipels, waar dit duidelik is dat hulle nie syt woorde verstaan en selfs volg nie.

Soos Jesus se dissipels, verstaan ons meestal sake ook eers wanneer ons daaroor gedink het.


Die afgelope week het een van ons gemeentelede die volgende video vir my gestuur. Dit het my getref. Daarom deel ek die video met die hoop dat jy hierdie woorde sal hoor, verstaan, jou eie maak en dit so doen.

Geseënde week en sien jou Sondag by Huiskerk!