icon__search

Aanlyn Huiskerk Preke

'n Vraagteken vir jou

June 30, 2024 • Dr Rian Steyn

Slapies jy nog? Ag, jammer om te pla...

June 23, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Jonah 1:4–16

Jona glo nie God kan dit doen nie, en Jona het ook nie ‘n hart vir hierdie stad om te verander nie. Jona glo nie dinge kan verander nie... Hoe kyk jy na die wêreld om jou? Hoe kyk jy na die samelewing? Hoe kyk ons na ons stad? Is ons net soos Jona sinies oor dit, word ons net so maklik geïntimideer deur dit om ons. Is ons net so afgestomp dat ons glo ‘n radikale verandering hier nie moontlik is nie? Is ons soos Jona nie net sinies oor verandering nie maar dat ons ook nie omgee oor verandering nie? Is ons soos Jona wat maar net dinge laat loop soos dit loop terwyl ons aangaan met ons eie persoonlike doelwitte in die lewe? Weet jy wat? Daar is ook ander mense in my en jou boot! Die mense saam met wie ons bly, werk, en speel.

Om te vergewe

June 16, 2024 • Dr Rian Steyn • Jonah 3

ASEM

June 9, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk

Is ons fisiese asem op een of ander manier verwant aan die geestelike ryk? Is "YHWH" gelyk aan Asem/Gees? Is dit 'n groter begrip rakende die naam(e) van God? Ons dink nie daagliks aan ons asemhaling nie. Tog is asemhaling die kernessensie van ons lewens. Sonder asem is daar geen lewe nie. Alhoewel ons moderne samelewing nie tipies daagliks oor asemhaling dink nie, wat nog te sê die moontlike dieper betekenisse van asemhaling, het verskeie mense oor duisende jare geglo dat ons fisiese asem op een of ander manier verbind is aan ons gees, die fundamentele essensie van lewe. In die Bybel is die woord vir "asem" dieselfde as die woord vir "gees" — "ruach" in Hebreeus, en "pneuma" in die Grieks. Dieselfde oorspronklike woorde word in die skrifte gebruik vir God se Heilige Gees. Daar is 'n definitiewe verband tussen die Bybelse konsepte van "gees" en "asem". Volgens die Bybelse perspektief is daar ook 'n soort van veelvoudige paradoks in die mensdom. Ons is almal na die beeld van God geskape en besit byna onbeperkte krag, maar ons het nog nie geestelik genoeg gegroei om sulke verantwoordelikheid te hanteer nie. Slegs wanneer die "mensdom" "Godsdom" word, sal ons in staat wees om sulke krag in die ware Gees van Liefde te hanteer. Terselfdertyd is ons fisiese lewens ongelooflik kwesbaar en broos... net een asem weg van die dood.

Knock knock

June 2, 2024 • Ds André Harmzen • Luke 11:1–13

'n Groot vis of 'n groot God

May 26, 2024 • Dr Rian Steyn

Pinkster

May 19, 2024

Wat skryf jy in die sand?

May 12, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • John 8:1–11

En wat het Jesus gedoen? Hy buk af en skryf in die stof. Hy vat een skrifgedeelte wat hulle almal sou ken en hy voer dit op, sonder om een woord te sê. So sonder om dit te sê, wys Jesus deur sy aksies na ‘n vers waaroor hulle almal gepreek het die afgelope week, en hiermee impliseer Jesus dat hierdie bekommerde godsdiensleiers – eintlik dié is wat van God weg gedraai het en nie die vrou nie.  Die verteller wil hê jy moet sien dat Jesus ‘n hele verskanste-mag-struktuur konfronteer. Jy sien hierdie spirituele leiers was deel van ‘n tempel instelling wat die Joodse volk regeer het, ‘n instelling wat die politiek, godsdiens, ekonomie en kultuur van die dag beheer het. Hierdie instelling het korrup geword in Jesus se dag en tyd. Daarom konfronteer Hy hulle – Hy maak stem dik op ‘n manier. 

God kies almal

May 5, 2024 • Dr Rian Steyn

Is die kerk breindood verklaar?

April 21, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Matthew 16:13–20

Almal sê die Christen kerk is op sy laaste bene en aan die taan. Word die kerk maar kunsmatig aan die lewe gehou met masjiene of is daar nog lewe? Natuurlik is daar lewe, daar was nog altyd ons diepste belydenis as Christene is OPSTANDING uit die dood... Kom kyk of luister saam na dit wat Jesus oor jou voorspel het meer as 2000 jaar gelede en word vernuwe!

Luister en sien

April 14, 2024 • Luke 24:13–35

Moenie bekommerd wees nie

April 7, 2024 • Matthew 6

Vriende en Vyande

March 24, 2024 • Dr Rian Steyn

LEGO in die markplein

March 17, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Acts 17:16–34

Het jy al vasgeloop gevoel in die lewe en dan soek jy antwoorde in die Bybel? Moet ek hierdie of daardie werk neem, na watter universiteit moet ek gaan, moet ek hierdie besigheidstransaksie doen of nie, moet ek met hierdie een trou of nie. Ons raak so prakties dat ons eintlik on-prakties raak. Jy sê hoe kan ek die dood in die oë kyk, hoe kan ek wysheid kry, hoe oorleef ek swaarkry. Maar die Bybel sê heeltyd: Hier is die karakter wat nodig is, hier is die hart wat nodig is, hier is die tipe persoon wat deur hierdie dinge werk. En jy sê: “maar ek het hierdie môre nodig.” Ek het nie tyd hiervoor nie, ek het hierdie môre nodig. So wat is die dinge wat ons hier leer in ‘n tyd van “kwick fixes”?

4 Tipes Medisyne

March 10, 2024 • Dr Sebastiaan van Dyk • Acts 16:13–34

London en sy omgewing het nogal baie mense wat graag “spiritueel” wil wees. Spiritualiteit is nog steeds ‘n groot ding in ons lewens. Mense rondom ons het regtig ‘n behoefte aan spiritualiteit, hulle sê dit selfs presies net so.  Wat sê mense hiermee, wat bedoel hulle hiermee. Wat ek dink hulle probeer verwoord is: “EK soek ‘n innerlike vrede, EK wil betekenis hê, EK het innerlike krag nodig sodat EK MY doel kan bereik en MY agenda kan volg. Die probleem natuurlik hiermee is dat Christenskap nie in hierdie model inpas nie. Ja jy het my reg gehoor want Christenskap is inderdaad inwaartse transformasie, maar dit is en het ‘n totale nuwe agenda. Christenskap help jou nie om by JOU eie agenda uit te kom nie dit is ‘n totaal nuwe agenda.

1
2