icon__search

Vars water

March 11, 2019

As gedoopte gelowige is daar geen vraag daaroor of die Heilige Gees al reeds in jou woon nie. God verseker jou daarvan.
> Die blote feit dat jy glo in God is al bewys daarvan, hoe mooi of hoe gebrekkig hierdie geloof ook mag wees- dit bestaan omdat die Heilige Gees reeds aan die werk is in jou.
> Waar in jou lewe is daar areas waar jy meer van die Heilige Gees moet sien?
> Bid tot God en dank Hom vir die versekering dat Hy reeds die Heilige Gees aan jou gee en vra Hom om jou te herinner om vandag meer te vra na wat die wil van die Gees in jou is.

Burgerskap 4

Ons gee graag vir mekaar geskenke om ons liefde en waardering vir mekaar te wys. Die skrywer van die Psalm vra die vraag: Hoe kan ek die Here vergoed vir sy weldade aan my? Wat sal ons op hierdie vraag antwoord? Hier is 3 dinge wat ons kan doen: 1. Ons kan die Here onvoorwaardelik liefhe.. (Matt 22:37) 2. Ons kan Hom gehoorsaam.. (Joh 14:15) 3. Ons kan Hom volkome vertrou.. (Hebr 11:6)..

Burgerskap 3

Terwyl nie een van ons sal kies om as ‘n bywoner te lewe nie, is almal sonder keuse bywoners in die geestelike sin. Ons is of bywoners en ver van God af (Ef 2:19) of ons is “bywoners en vreemdelinge’ van die wereld (1 Pet 2:11 OAV) Die een diskwalifiseer ons van die ander. ‘n Burger van die wereld is ‘n vreemdeling by God en omgekeerd. Daar is egter mense aan beide kante wat dubbele burgerskap wil he. Daar is wereldburgers wat graag hemelburgers wil wees, maar nie hul wereldburgerskap wil opgee nie. Hulle wil hemelburgers word want hulle wil hemel toe gaan as hul doodgaan, maar intussen wil hulle graag in beheer van hul lewe bly. Hierdie tipe dubbele burgerskap is nie moontlik nie. Ons is in die wereld maar nie van die wereld nie..

Burgerskap 2

Deur hierdie woorde het Jesus nie die familie waarin waarin God Hom geplaas het, verwerp nie. Inteendeel, Hy het sy ma so liefgehad dat selfs in sy lyding aan die kruis het Hy vir haar voorsiening gemaak. In hierdie gedeelte leer Hy ons oor die verantwoordelikhede van dubbele burgerskap waaroor alle Christene beskik. As aardse burgers het christene familiebande met verantwoordelikhede, maar ons is ook hemelse burgers met verantwoordelikhede, want deur Christus is ons lede van God se familie. Deur Jesus is ons met God versoen. God is ons Vader en ons is Sy kinders (Rom 8:16-17). As deel van die koninkryk van God het ons verantwoordelikhede en is dit nodig dat ons prioriteite reg kry.. Die uitdaging vir elke Christen is om presies dit te doen..