ONTDEK is ons proses vir mense wat wil lidmate word of betrokke wil raak in een van ons spanne wat dien in die gemeente. ONTDEK bestaan uit 4 inligtingsessies waar ons jou help ontdek wie ons as gemeente is, wat ons glo, hoe jy geestelik kan groei, hoe God jou gevorm het om 'n verskil te maak en waar jy betrokke kan raak. Daar is geen eksamens of toetse nie. Jy hoef net een keer te registreer vir die 4 weke.
Ontdek lidmaatskap (Timoteussaal)
Nuwe lidmate of as jy wil dien by die kerk
May 4, 2025
4:30 - 6:00pm