Verslawings Ondersteuningsgroep

Timotuessaal

May 1, 2025
6:15 - 8:00pm

Ons besef dat daar deesdae 'n groter toename in verskeie verslawings voorkom. Nie alleen verwoes verslawings die betrokke persoon se lewe nie, maar dit het ook ‘n geweldige impak op soveel mense rondom daardie persoon. Dikwels sukkel die geliefdes met ondersteuning van verslaafde persone omdat hulle nie toegerus daarvoor is nie. Ons wil graag ‘n platform skep vir die ondersteuning van persone wat sukkel met verslawings, hul geliefdes, of enige persoon wat graag ‘n positiewe impak wil maak op só 'n lewe. Die programme is gebaseer op jare se ondervinding en het 'n Christelike fondasie.